Text Box:

Generaal De la rey tak van die Suid afrikaanse jagters- en wildbewaringsvereniging

Tuisblad

 

Erekode

Met diepe erkentlikheid teenoor die Opperwese, Skepper van alles wat lewe en met innige waardering vir die heelal in die volledige totaliteit daarvan, verbind ek my as jagter en as lid van die Suid-Afrikaanse Jagters– en Wildbewaringsvereniging om:

 

· Alle geskrewe en ongeskrewe jagwette en voorskrifte te eerbiedig en niks uit die natuur te neem waarop ek nie geregtig is nie;

· Met deernis te jag en net uit die natuur te benut wat ek kan gebruik;

· Fauna en Flora, grond en water en die lewe wat dit versinnebeeld aktief te bewaar en met respek en liefde te bejeën;

· My vuurwapens met kundigheid en oordeel te benut en met eerbied vir die lewe aan te wend; en om

· Nederig te jag, my medejagters te respekteer en etiese jagaktiwiteite in die algemeen te bevorder

Kalahari Bosveld-streek   @    Lichtenburg

Genl. De la Rey