• 1
  • 2
  • 3
  • 4
  • 5

SA Hunters Nasionale Webwerf


Besoek die SA Jagters Nasionale webwerf.

Lede Administrasie

Aanlyn Lede Administrasie vir nuwe en bestaande lede.


Jagbestemmings

Soek of plaas jou Jagbestemming op die SA Jagters Jagbestemmings-databasis

Genl de la Reytak

Genl de la Reytak is geleë te Lichtenburg in Noordwes-provinsie, deel van die Kalahari Bosveld-streek van SAJWV.
Die tak vier hierdie jaar sy 10de bestaansjaar! Die tak se stigting het plaasgevind tydens ‘n plaaslike skietdag op 12 April 2008.
‘n Klein groepie lede het gegroei tot 670 lede in 2018.
Genl de la Reytak bedien lede in die Lichtenburg, Biesiesvlei, Sannieshof en Coligny area.
Die Dirk van Schalkwyk skietbaan word gebruik vir ons skietdae. Die baan is ‘n ou kommando skietbaan, wat met die ontbinding van Kommando’s in onbruik geraak het en toe oorgeneem is deur Genl de la Reytak.
Daar word voortdurend ontwikkeling op die baan gedoen en is die lede se trots. Genl de la Rey lede kan die Dirk van Schalkwyk baan huur vir ‘n sessie wanneer beskikbaar. Fishers Shooters hanteer die besprekings en sleutels van die baan.
Daar word gereeld skietdae gehou, waaronder baie van die dae borgdae is. Ons tak is gelukkig om goeie ondersteuning te kry van ons plaaslike besighede. Goeie pryse word op borgdae aangebied.
Lede word per sms-stelsel en e-posse laat weet wanneer skietdae gaan plaasvind. Daar word ook aan die begin van die jaar ‘n sak-kalender aan lede gegee om op hoogte te bly van kompetisies.
Sannieshof is besig met takstigting. Dit sal as Verdiendtak bekend staan. Die tak word intussen bestuur deur Genl de la Reytak. Daar is reeds ‘n gevestigde skietbaan – die Verdiend Skietbaan. Daar word reeds skietdae daar gehou en navrae oor hul skietdae is welkom.
Genl de la Reytak se klubhuis is geleë te Kerkstraat langs die Eeufeesdam. Die klubhuis word gebruik vir ledevergaderings, junior opleiding, kursusse en funksies.

Kalendar

No events

Tak Nuus

Algemene nuus
Genl. de la Rey-tak spits hom toe op die ontwikkeling van skiet en die opleiding van juniors. Ons bied skietdae aan wat hoofsaaklik borg-skietdae is en ons probeer om vir ons lede die dae so lekker moontlik te maak.

Ons lede ondersteun omliggende takke met President- en spanskietdae en is betrokke by die tak se gereelde skietdae. Verbeterings by die skietbaan vorder baie goed.
Lede word bygestaan met hernuwings van lisensies en nuwe lisensies.

Skiet- en Jagaangeleenthede
Elke skietdag is oop en ons verwelkom skuts om by ons takskietdae te kom skiet.

Opleiding
Junior Opleiding 

Genl de la Reytak juniors het 1 keer 'n maand 'n byeenkoms waarin hulle opgelei word.  Die program wissel tussen Skietopleiding, Bewaring en opleiding in verskillende interessante onderwerpe wat op hulle van toepassing is.  Die Juniors geniet hierdie uitstappies en opleiding vreeslik.

Senior opleiding
Daar word deurentyd opleidings geskeduleer in Toegewyde Statusse.

Bewaring
John en Yolanda Markram is besig is hierdie afdeling en is ook veral toegespits op ons Junior lede met bewaring. Uilhokke is in aanbou en word opgerig.

Die Aasvoël Restourant word nog deurentyd onderhou en gemonitor.

Genl De La Rey Tak

Dankie vir u belangstelling in die Genl de la Rey tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewarings Vereniging.

Die takkantoor is behulpsaam met voorafinskrywings by skietdae en verleen hulp met alle SAJWV dokumentasie.

SAJWV ledekaartjies is ook by die kantoor beskikbaar.

Ons kantoor is geleë te Greeffstraat 33, Lichtenburg.  Tel: 073 717 5530.

Kyk gerus na ons jaarkalender en lees die artikels hieronder vir meer inligting oor ons aktiwiteite.

Persone wat by die tak wil aansluit kan dit aanlyn by secure.sahunters.co.za doen.  

U is ook welkom om ‘n e-pos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. te stuur indien u meer inligting verlang.

 

We have 242 guests and no members online