Opleiding

Toegewyde Jagters kursusse word 2 maal per jaar aangebied, na gelang van behoefte van ons lede.

Toegewyde Sportskut kursusse word aangebied na gelang van behoefte deurentyds te Genl de la Rey takkantoor.

Baanbeampte kursusse word aangebied na gelang van behoefte van lede.

Junior Opleiding word maandeliks aangebied. Junior lede word in verskillende aspekte van sportskiet, jag en bewaring opgelei.  Ons juniors is vir ons baie belangrik en kry gratis opleiding as hul ouers deel is van ons Klub.

Dames Pistool Opleiding: Dames word gemaklik gemaak met hul pistole en wenke word gegee vir die veilige gebruik daarvan.  Genl de la Rey het elke 3 maande opleiding wat dan ook ‘n kompetisie insluit.  Dames geniet dit baie.

 

We have 152 guests and no members online